Kort Kersopera soggens in Kunstekaap

Kort Kersopera soggens in Kunstekaap

Kort Kersopera soggens in Kunstekaap medewerkerGIAN CARLO MENOTTI se Kersopera, Amahl and the Night Visitors, word in Desember deur Kaapstad Opera (KO) in die voorportaal van die Kunstekaap-teater opgevoer. Dié eenbedryf is geskik vir die hele gesin. In dié geval sal die soliste in Engels sing en die koor in Xhosa. Die opvoerings begin om 10:30 op 6, 7, 8 en 9 Desember.Menotti het op 7 Julie 94 jaar oud geword. Dié Pulitzerprys-wenner woon nou in Skotland, maar word beskou as ’n Ame¬ri¬kaanse komponis van Italiaanse herkoms. Vir Amahl het hy ook die woorde geskryf. Amahl and the Night Visitors het in 1951 ontstaan, is die eerste opera wat vir die televisie geskep is en het al meer opvoerings as enige ander opera beleef.Dit vertel die verhaal van die arm, gestremde skaapwagtertjie Amahl en sy geskenk wanneer hy die drie Konings of Wyse Manne ontmoet. Die ontmoeting verander sy lewe ingrypend.Michael Hedenskog (12) van Table View, ’n leerder van Elkanah House in Park¬lands, sing die titelrol. Die ander hoofrolle word deur lede van KO se Stemensemble (die senior deel van die koor) gesing. Die Amahl-koor, afgerig deur Colin Howard en Nolufefe Mtshabe, bestaan uit leerders van die hoër¬skole Stembele Matiso en Simon Estes. Howard, hoofafrigter van KO, begelei die sangers op die klavier. Gerrida Dick¬ason behartig die regie, Michael Mitch¬ell die ontwerp en Maxwell Xolani Rani die choreografie.Vuyolwethu Mpila (15) van Stembele Matiso sal Amahl wees in ’n Xhosa-weergawe wat in die Zolani-sentrum in Guguletu opgevoer word.Amahl and the Night Visitors word met steun van Absa en die Europese Unie aangebied. Kaartjies kos R25 elk, maar R20 vir groepe van meer as tien asook vir pen¬sioen¬trekkers en studente. Dis te koop by Computicket of Kunstekaap se loket.


Wikimedia Foundation. 2010.

Игры ⚽ Поможем написать курсовую

Share the article and excerpts

Direct link
Do a right-click on the link above
and select “Copy Link”